Die jeugroman van An-Mari do Carmo, “Toe als nog groen was”, is as die wenner van hierdie prys aangewys. Die beoordelaars sê dis die soort boek wat jy nie kan neersit as jy dit eers begin lees het nie. “Hierdie verhaal, gebaseer op die KwaSizabantu Sending, hanteer op ’n besondere wyse die teologiese kwessies wat jongmense pla en daar word op ’n subtiele manier gewys hoe ’n alternatiewe verstaan van geloof kan lyk. Hierdie is sonder twyfel ’n briljante – en dapper – debuutroman, ontroerend en hoopvol. Dis ’n jeugroman wat lesers van alle ouderdomme sal aanraak.”
Beoordelaars: dr Doret Niemandt, dr Shearl Davis en dr Marnus Havenga. Uitgewer: LUCA.